SA moet uitgebrei word vir byvoeging van hernubare energie

Suid-Afrika se kragnetwerk moet uitgebrei word om vir die volgende 25 jaar jaarliks meer as 5 gigawatt hernubare krag aan die netwerk te koppel. Só sê die besturende direkteur van die firma Meridian Economics, Grové Steyn, wat advies voorsien oor die energie- en infrastruktuur-ekonomie. Steyn sê Suid-Afrika het private beleggings nodig om die Nasionale Transmissiemaatskappy Suid-Afrika, die NTCSA, se beleggings aan te vul. Hy sê ‘n toegewyde verkrygingseenheid soos die Kantoor van die Onafhanklike Kragprodusente moet ook geskep word.