Biden het lof vir Harris se keuse oor Walz

President Joe Biden van Amerika sê visepresident Kamala Harris het ʼn goeie keuse gemaak deur die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, as haar kandidaat vir visepresident te kies. Voor sy verkiesing in 2018 as Minnesota se goewerneur, was Walz bekend as ʼn ervare Demokraat wat 12 jaar in die Kongres gedien het. Biden sê die Harris-Walz-span sal ʼn sterk stem wees vir werkende mense en Amerika se goeie middelklas. Hy sê hulle sal die land se demokrasie die beste verdedig.