Is onthoring ‘n oplossing vir renosterstropery?
Suid-Afrika het ‘n daling in renosterstropery aangeteken en die lynminister Dion George sê dit kan toegeskryf word aan ‘n veldtog in KwaZulu-Natal om die diere te onthoring. Plaaslik sê Romeo Muyunda daar is reuse-kommer omdat die misdaad toeneem en verskeie maatreëls word ingestel.
Daar is menings onder kenners dat onthoring-programme nie altyd werk nie omdat stropers die diere spoor en wanneer hulle gevind word sonder ‘n horing word hulle in elk geval doodgemaak.