Stampriet se skoolkinders trek voordeel uit internasionale program

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram, in samewerking met die regering van Brasilië, het voedsel- en voedingsekerheid in Namibië aansienlik bevorder deur geïntegreerde voedselstelselprojekte. Stampriet Gekombineerde Skool in die Hardapstreek, een van die 29 skole wat voordeel trek uit die innoverende Tuisgemaakte Skoolvoedingsprogram, is ‘n voorbeeld van hierdie vordering. Sem Utoni, die Wêreldvoedselprogram se hoof van vennootskappe en kommunikasie, sit in ‘n onderhoud die suksesse van die Stampriet-program uiteen.