Blinken gebruik ‘sagte’ taal na Sinwar-aanstelling
Die radikale Yahya Sinwar wat Hamas in Gaza lei en self 20 jaar in ‘n Israeliese tronk deurgebring het, is aangewys as opvolger van die voormalige politieke hoof Ismail Haniyeh, wat in Teheran vermoor is. Verbasend het die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken uiters sag taal gebruik toe hy met die media oor die nuus gepraat het.