Makers van Russiese vlae gearresteer
Nigerië hou kleremakers aan vir die maak van Russiese vlae wat tydens anti-regeringsbetogings in noordelike state geswaai is, volgens die geheime staatspolisie. Dit kom te midde van kommer oor verhoogde Russiese aktiwiteite in Wes-Afrika. Die departement van staatsdienste het ook in ’n plasing op X gesê hy het van die kleremakers se “borge” aangehou, sonder om uit te brei. Die department het nie gesê hoeveel kleremakers of “borge” aangehou is nie. Honderde-duisende Nigeriërs betoog sedert 1 Augustus teen president Bola Tinubu se ekonomiese hervormings wat tot valutadevaluasie en ‘n drie-dekade-hoogtepunt in inflasie gelei het.