Bosluis-weerstandigheid wek kommer in landbou

Suid-Afrika se beesbedryf is gewaarsku dat dit ‘n krisis in die gesig staar aangesien bosluise weerstandig word teen plaagdoder. Navorsers het die groeiende weerstandigheid toegeskryf aan swak boerderymetodes en dat die situasie voortdurend gemonitor moet word. Dit kan ook vleis-en melkproduksie knou. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels oor die kwessie.