ReconAfrica vorder goed met boor van Naingopo-put
Die boor van die Naingopo-put in PEL 73 in noordoos-Namibië verloop volgens skedule en begroting tot ‘n diepte van 1 450 meter, sê Brian Reinsborough, president en uitvoerende hoof van ReconAfrica. Hy voeg by dat hulle binnekort in sleutelgeteikende intervalle in die res van die put sal boor. Boorwerk is geskeduleer om vroeg in Oktober voltooi te wees, met die resultate wat daarna vrygestel sal word. Elders op PEL 73 het die maatskappy begin bou aan die toegangspad wat lei na Prospect P, hulle tweede Damara Vougordel-eksplorasieput. Boorwerk sal in die vierde kwartaal vanjaar begin.