Karas-polisie slaan slag teen bende, onwettige mynwerkers
Die goewerneur van die Karas-streek, Aletha Fredericks, het tydens haar streeksrede in Keetmanshoop suksesse in misdaadvoorkoming uitgelig. Die vermeende leier van die omstrede Hosh-Hosh bende is aangekeer, asook 38 vermeende onwettige mynwerkers by Ysterput plaas in die Noordoewer-omgewing. Hulle is gearresteer met blou agaat-minerale ter waarde van ‘n beraamde 8,3 miljoen Namibiese dollar. Hulle was in besit van edelgesteentes en toerusting wat vermoedelik vir mynbou gebruik is sonder ‘n permit van die myn-ministerie. Fredericks is aan die woord.