Kamala Harris kies Tim Walz as vierkiesingsmaat
Kamala Harris het die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, as haar verkiesingsmaat aangekondig. Sy het die vegter vir progressiewe beleid uit Amerika se hartland gekies om te help om landelike, wit kiesers te wen. Harris sê in ‘n teksboodskap aan ondersteuners Walz is ‘n gevegsbeproefde leier wat ‘n ongelooflike rekord het om dinge vir Minnesota-gesinne gedoen te kry. Sy sê sy weet dat hy dieselfde beginselvaste leierskap na hulle veldtog en na die kantoor van die vise-president sal bring. Harris en Walz verskyn vanaand saam by ‘n geleentheid in Philadelphia.