Nigeriese betogers aangekeer oor Russiese vlag
Minstens 40 mense is in die noorde van Nigerië in hegtenis geneem nadat hulle Rusland se vlag geswaai het tydens betogings teen die hoë lewenskoste en wat hulle voel is slegte bestuur. Weermaghoof Christopher Musa waarsku dat dit ‘n “verraderlike oortreding” is om die vlae van vreemde lande te laat wapper. Nigerië beleef ses dae van landwye betogings, waarin minstens sewe mense dood is en meer as 700 in hegtenis geneem is. Betogers het slagspreuke gedreunsing soos “ons is honger”, terwyl sommige Rusland se vlag geswaai en steun vir Russiese president Vladimir Putin uitgespreek het.