Europeërs kom nie hier omdat hulle lief is vir die land nie…

‘n Wetsontwerp om ‘n aansoekproses daar te stel vir houers van ou Suidwes-Afrika identifikasiedokumente om Namibiese burgerskap te verkry, is in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Die wetsontwerp handel ook met aansoekprosesse om burgerskap te verkry vir sulke mense se afstammelinge, en hulle eggenote. Die adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê die wetsontwerp moet gewysig word om ook burgers van Afrika-lande in te sluit.