Twee sterf in busongeluk
Meer inligting is bekend oor die busongeluk vanoggend. Volgens die Otjozondjupa-polisie se woordvoerder senior-inspekteur Maureen Mbeha het die ongeluk sowat 57 kilometer noord van Otjiwarongo plaasgevind. Twee mense is dood nadat ‘n Intercape-bus en ‘n Iveco-minibus van voor gebots het. Mbeha sê die Intercape-bus, wat 59 passasiers gehad het, het op sy sy geval en beeldmateriaal van die Intercape-moniteringskamera wys hoe die Iveco ‘n ander voertuig verbysteek en reg van voor in die bus bots. Die busbestuurder het ernstige beserings aan albei bene opgedoen en sal per helikopter na Ongwediva Medi Park geneem word. Die res van die passasiers met beserings is na die Otjiwarongo-staatshospitaal vervoer, waar hulle versorg word. Die Intercape-bus was van Oshakati na Windhoek onderweg, terwyl die Iveco van Walvisbaai na die noorde op pad was.