VN se Türk het kommer oor Midde-Ooste
Die Verenigde Nasies se hoёkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, vra ‘n dringende afname in vyandighede in die Midde-Ooste weens vrese dat die oorlog in Gaza kan versprei. Hy is diep besorg oor die toenemende gevaar dat die konflik kan vergroot en versoek alle partye, ook dié met invloed, om dringend ‘n baie netelige situasie te ontlont. Iran sê intussen hy het die volste reg om Israel te straf oor verlede week se moord op Hamas se politieke leier, Ismail Haniyeh, in die Iranse hoofstad, Teheran.