Ou SWA identiteitsdokumente kan lei tot burgerskap
Binnelandse sake-minister, Albert Kawana, het ‘n wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om voorsiening te maak vir ‘n aansoekproses vir houers van ou Suidwes-Afrika identifikasiedokumente om Namibiese burgerskap te verkry deur naturalisasie. Die wetsontwerp handel ook met aansoekprosesse om burgerskap te verkry vir die afstammelinge van sulke mense, asook diegene wat met sulke mense getroud is. Kawana sê dat die wetsontwerp nie die kwessie van staatloosheid in die land aanspreek nie.