Shaningwa se optrede ‘spreek van arrogansie’

Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa se behandeling van ‘n verslaggewer nadat hy vrae gevra het oor haar onlangse besoek aan Zimbabwe maak steeds opslae. Sy het hom na wat berig word sleggesê en beskuldig dat hy inmeng met haar sake, en toe sy nommer geblokkeer. Reaksie is ontvang van Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dit spreek van arrogansie en is uiters skadelik. Dit reflekteer ook hoe mense die party sien.