Teenkorrupsie Kommissie slaan toe by Unam

Agente van die Teenkorrupsie Kommissie het Tuyoleni Hamata, direkteur van inligting- en kommunikasietegnologie by Unam, vandeesweek gearresteer omdat hy na bewering ‘n bedrieglike transaksie georkestreer het. Die universiteit het na bewering meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir Wi-Fi-toestelle deur ‘n derde party betaal. Die toestelle sou oorspronklik net 1 miljoen dollar direk vanaf Nsfaf kos. Die ondersoek duur voort en nog arrestasies kan volg. Hamata is op borgtog van 40 000 dollar vrygelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Josephine Nghituwamata, die kommissie se woordvoerder, gepraat vir ‘n opdatering.