Namibia Leap Digitale Talentprogram 2024 skop af

Inligtingsminister Emma Theofelus het onlangs die Namibia Leap Digitale Talentprogram 2024 in China bekendgestel. Die program sal gesamentlik deur die ministeries van Inligting en Jeug, en Huawei Telecommunication Technologies Namibia geïmplementeer word. Die doel is om digitale vaardigheidsontwikkeling, innovasie en leierskap onder die land se jeug te bevorder. Die 2024-program sal komponente insluit soos die kweek van 50 sade vir die toekoms, die bekendstelling van die IKT-akademie, opleiding van 1 000 jeugdiges en sertifisering van 100 ingenieurs. Die deelnemers aan die program sal ‘n geleentheid kry om internskappe by Huawei Telecommunication Technologies Namibia te kry en China te besoek om aan IKT-verwante kompetisies mee te ding. Theofelus het die program aangekondig.