12 Pretoria High School for Girls-leerders nie skuldig aan rassisme

Die Pretoria High School for Girls het bekendgemaak die twaalf leerders wat weens beweerde rassisme geskors is, is onskuldig bevind aan wangedrag. Die uitspraak is gelewer deur ‘n paneel van drie persone, onder die voorsitterskap van ‘n advokaat, wat die dissiplinêre verhoor oor die aangeleentheid vandeesweek gehou het. Die skool het bevestig die prefek-status van die leerders word herstel en benadruk die dissiplinêre proses was regverdig en deursigtig, en waardevolle lesse is daaruit geleer.