Amushelelo se motors, bankrekenings verbeurd verklaar

Regter Thomas Masuku het die aanklaer-generaal se aansoek vir bewaringsbevele teen Michael Amushelelo en sy familiebesighede toegestaan. Agt luukse voertuie en die inhoud van 13 verskillende bankrekenings is verbeurd verklaar aan die Staat. Die voertuie sluit in Audi’s, Mercedes-Benz, BMW en Range Rover modelle. Die aansoek het te doen met die vermeende geldwassery waarvoor Amushelelo aangekla is, wat nog in die hoërhof afgehandel moet word.