Nie-terugbetaalbare huurdeposito’s onwettig: Eiendomsagenteraad
Die Namibië Eiendomsagenteraad sê dit is onwettig vir verhuurders en agente om nie-terugbetaalbare deposito’s vir huureiendomme te vra. Raadsbestuurder Festus Unengu sê sulke deposito’s is onwettig in terme van die huurordonnansie. Kosmos 94.1 Nuus het met Unengu gesels, wat sê dat die eienaar ook verplig word om die deposito in ‘n beleggingsrekening te plaas sodat rente daarop verdien kan word.