Myne-ministerie staan duisende kleinskaalse myners by

Die Ministerie van Myne en Energie sê sedert die stigting van die Kleinskaalse Mynbou-afdeling binne die ministerie in 2010, werk hy daaraan om kapasiteit te bou vir effektiewe regulering van die sektor. Die ministerie bied dienste aan kleinskaalse mynwerkers soos tegniese en opleidingsondersteuning. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, gepraat wat ‘n opdatering gegee het oor die aantal kleinskaalse mynwerkers in die land.