Denemarke, Nederland gaan aannemings van SA stopsit
Denemarke en Nederland het planne aangekondig om tussenland kinder-aannemings met Suid-Afrika van 2025 te beëindig. Die lande sê daar is probleme met die opspoorproses van die biologiese ouers. Suid-Afrika moet nou sy binnelandse aannemingsprogram verbeter wat reeds probleme in die privaatsektor veroorsaak het. Tebogo Mabe van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, sê die verwikkeling bied aan die land ‘n geleentheid om nasionale praktyke te versterk en onreëlmatighede uit die weg te ruim.