AgriBusDev se herstrukturering op die tafel

Die Namibiese kabinet gaan volgende week die herstruktureringsproses van die beleërde AgriBusDev met die oog op voedselsekuriteit in die land bespreek. Oor die jare heen was AgriBusDev in omstredenheid gedompel met beweringe van korrupsie en wanbestuur. Die minister van staatsondernemings, Leon Jooste, het aan plaaslike media gesê die herstrukteringsproses sal by die volgende vergadering van die kabinet se komitee vir staatsondernemings bespreek word.