Hezbollah sal in dieselfde mate reageer as wat hy aangeval is

Libanon se Iran-gesteunde Hezbollah-groep het belowe dat daar ‘n korrekte reaksie sal wees op Israel se moord op sy top militêre bevelvoerder. Hezbollah se leier, Sayyed Hassan Nasrallah, het tydens die begrafnis van Fuad Shukr, wat Dinsdag in ‘n lugaanval in Beiroet dood is, gesê die oorlog teen Israel het ‘n nuwe fase betree. Minstens sewe mense, insluitend twee kinders, is in die aanval dood. Hamas se politieke leier is Woensdag in Teheran dood in ‘n aanval wat Iran en die Palestynse militante groep op Israel geblameer het. Nasrallah sê die reaksie sal buite die bestek van die daaglikse grensskermutselings tussen Hezbollah en Israeliese magte strek.