Elke bietjie help… reaksie op N$90m Amerikaanse skenking vir droogte

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Amerikaanse ambassade dat hy 90 miljoen Namibiese dollar aan die regering skenk vir droogtehulp. Die fondse is bestem vir humanitêre bystand met 1,8 miljoen dollar wat deur Unicef benut sal word om gemeenskappe in dringende nood te identifiseer. Kunene-boer en UDF-LP, Dudu Murorua sê elke bietjie help maar dit moet reg aangewend word.