Zuma skorsing sal ANC seermaak, omdat Zuma speletjies speel

ʼn Politieke ontleder sê oudpresident Jacob Zuma se skorsing uit die ANC gaan nie die ANC se hernuwingsagenda bevorder nie. Die party se nasionale dissiplinêre komitee het Zuma geskors nadat hy skuldig bevind is dat hy in die Mei-verkiesing vir die MK-party stemme gewerf en gestem het. Hy het 21 dae tyd om te appelleer. ʼn Politieke ontleder aan die Nelson Mandela-universiteit, Ntsikelelo Breakfast, sê Zuma se doel op die lange duur is om die ANC voor te stel as ʼn organisasie wat sy regte geskend het, en voeg by hy is besig met ʼn politieke speletjie.