Plaaslike polisie het vroeg-vroeg Trump-skieter gesien
Die polisie in Pennsilvanië het Thomas Crooks meer as ‘n uur voor die skietery op 13 Julie volgens die FBI, gesien. ’n Plaaslike polisiebeampte het die 20-jarige Crooks uitgeken sowat ’n uur voordat Donald Trump sy toespraak begin lewer het. Hy het ook ‘n foto van hom geneem en daar is beeldmateriaal. Maar, geen ander stappe is geneem nie. Die polisie sê verder hulle het geen direkte kontak met die Geheime Diens gehad voor Trump se saamtrek nie. Intussen het Trump ingestem tot ‘n standaard-slagofferonderhoud. Die FBI sê hulle moet nog ‘n motief identifiseer vir die sluipmoord poging.