Privaatsektor moet vinniger in Kaapse hawe betrek word

Die Stad Kaapstad sê Transnet moet privaat sektor betrokkenheid by hawebedrywighede bespoedig, asook die ontwikkeling en onderhoud van ‘n vloeibare grootmaat-opgaarterminaal by die Tafelbaaise hawe. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hawe se prestasie raak ‘n verskeidenheid van kritiese produkte – van landbougoedere tot hoë-waarde uitvoere soos wyn en seekos: