Namibië se demokrasie is gebrekkig

Namibië is 57ste uit 165 geplaas in die Economic Intelligence Unit se peiling oor demokrasie. Die 2023 Demokrasie-indeks het die land ‘n totale telling van 6,52 gegee. ‘n Telling tussen 6 en 8 dui ‘n gebrekkige demokrasie aan. Die land het baie goed gevaar in burgerlike vryhede met ‘n finale telling van 7,94 teenoor ‘n gemiddeld van 4,06 vir Afrika Suid van die Sahara en 2,69 vir die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Oor die algemeen sukkel Afrika met demokrasie met 25 van die 54 lande op die vasteland wat in die afgelope 20 jaar ‘n staatsgreep beleef het.