Biomassa-skou kom nader, uiters belangrike byeenkoms

Die Standard Bank Biomassa-skou 2024 word van 8 tot 10 Augustus in Otjiwarongo by die Sekelbos/TOPS-terrein op die pad na die Otjiwarongo kleinhoewes gehou. Dit is die ideale omgewing om bosbiomassaprodukte en -tegnologie ten toon te stel, en velddemonstrasies te gee. Netwerksessies sal ook op 8 Augustus aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jullian Nakanyala, die skou se kennisbestuur- en kommunikasiebeampte, wat die belangrikheid van die geleentheid onderstreep.