Duisende in dwelms weer in Walvis gevind
Die Erongo-polisie het weer groot sukses behaal met die bekamping in dwelmhandel aan die kus. Die mag sê hy het in Narraville beslag gelê op meer as 3 kilogram skunk-dagga ter waarde van meer as 154 000 Namibiese dollar. Dit kom na ‘n wenk van die publiek. ‘n Namibiese vrou, 26 jaar oud, is gearresteer. Daar was ook ‘n beslaglegging in Kuisebmond waar 630 gram skunk-dagga, ter waarde van 31 500 dollar gekonfiskeer is en ‘n 27-jarige Namibiese man gearresteer is. Die publiek het die mag ook hier bygestaan.