PrEPVacc misluk, meer infeksies onder die wat dit ontvang het

‘n MIV-entstofproef wat in November verlede jaar gekanselleer is, het aansienlik hoër infeksiesyfers gehad onder diegene wat die inspuiting ontvang het in vergelyking met ‘n placebo-groep. PrEPVacc het belowe om ‘n landmerk-proef vir ‘n MIV-entstof te wees toe dit in 2020 bekendgestel is, maar dit . Maar dit is skielik gestaak ná ‘n voorlopige oorsig. Proewe is in Suid-Afrika, Tanzanië en Uganda uitgevoer. ‘n Span Afrika-wetenskaplikes, bygestaan deur Europese instellings, het die resultate bekend gemaak by die 25ste Internasionale VIGS-konferensie wat in München, Duitsland, aan die gang is. Dit was duidelik dat die entstof nie werk nie.