Inkrimping van saaiboerdery wek groot kommer

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese oorsig vir April tot Junie 2024 vrygestel. Dit meld dat Namibië se ekonomiese herstel voortduur en sterk groei van 4,7 persent is in die eerste kwartaal van die jaar aangeteken. Die meeste ekonomiese sektore het in 2023 positiewe groei beleef, gelei deur die elektrisiteit- en water-, mynbou- en visvangsektore. Die konstruksiesektor sukkel egter om te herstel, terwyl saaiboerdery aansienlik ingekrimp het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Otjozondjupa-streekgoewerneur James Uerikua, wat sê dat ‘n 30 persent vermindering in saaiboerdery ‘n werklikheid is.