Balju vat korrektiewe diens se rekenaars, drukkers
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare het die hulp van die balju ingeroep om ‘n bevel af te dwing nadat die Departement van Korrektiewe Dienste nie voldoen het aan ‘n arbitrasietoekenning nie. Die Bedingingsraad vir die Algemene Staatsdienssektor het in die guns beslis van 18 lede van die vereniging wat nie betaal is vir verpligte Covid-19-oortyd nie. Die balju het by die hoofkantoor van departement in Pretoria beslag gelê op 50 rekenaars en drukkers wat opgeveil sal word om die lede wat geraak is te vergoed.