Daar blyk nie om ‘n plan te wees vir jeugwerkloosheid nie…
Volgens ‘n 2021 Afrobarometer-opname wou 64 persent van jongmense van 18 tot 35 jaar oud hê dat werkskepping die land se hoofprioriteit moet wees. Dit is hoogs waarskynlik dat jeugwerkloosheid sedertdien toegeneem het en politieke partye het nog nie konkrete planne voorgelê om die probleem aan te pak nie, selfs in aanloop tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die Independent Patriots for Change, Imms Nashinge, wat sê dat werklose jeugdiges ‘n begin kan maak deur vir onderhoudswerk te tender.