Bok-senter Esterhuizen vir drie wedstryde geskorsJuly 24, 2024

Rugby: Die Springbok-senter André Esterhuizen is vir drie wedstryde geskors ná sy rooikaart in die toets teen Portugal in Bloemfontein. Sy geelkaart vir ‘n kopstamp in ‘n plettervat op José Lima is na ‘n hersiening aangepas na rooi. Esterhuizen is vir vier weke geskors, maar dit word tot drie weke veminder indien hy Wêreldrugby se ingrypingskursus voltooi. Hy sal die skorsing tydens die Curriebekerkompetisie uitdien nadat hy uit die Rugbykampioenskaps-toer na Australië gelaat is. Hy sal vir die kragmetings met die All Blacks beskikbaar wees.