Onbevoegdheid van regering blootgelê met skoolvoeding

Plaaslike media berig dat 36 skole en 15 400 leerders geraak word deur vertraagde aflewerings van kos na skole in Windhoek sedert Januarie. Onderwysers is bekommerd omdat kinders na wat berig word al in die klas flou geword het weens ‘n tekort aan kos. Die Khomas onderwys-direktoraat het die verskaffer blameer en sê aflewerings sal vandag hervat. Die skoolvoedingsprogram verskaf kos aan meer as 400 000 leerders. Reaksie is ontvang van die aktivis en LPM-lid Michael Amushelelo, wat sê dit bewys die regering se onbevoegdheid.