Biden onttrek, onderskryf Harris

Die Amerikaanse president Joe Biden het besluit om aan die presidentswedloop te onttrek en sê dit is in die beste belang van sy party en die land. In die afgelope weke het ‘n groeiende groep Demokrate en partyskenkers hom gevra om te onttrek, aangesien daar vrae is oor sy vermoë om Donald Trump te klop en ‘n tweede termyn te dien. Biden sê hy sal nou vir die res van sy termyn net daarop fokus om sy pligte as president na te kom. Hy het vise-president Kamala Harris ondersteun as genomineerde vir die Demokrate. Die party se konvensie vind vanaf 19 tot 22 Augustus in Chicago plaas wanneer ‘n kandidaat verkies moet word.