Die Griekwas doen dit weer

Rugby: Die Griekwas het dit weer gedoen deur die gunstelinge, die Haaie, met 37-27 in ‘n Curriebekerwedstryd in Durban te uitoorlê. Die span van Kimberley het ook reeds dié seisoen met die Cheetahs, die Westelike Provinsie en die Goue Leeus afgereken. Ondanks vyf geelkaarte wat hulle met twaalf spelers in dele van albei helftes gelaat het, het die Griekwas maklik gewen. Die Bulle het die Westelike Provinsie vroeër met 34-13 verslaan. Die Pumas het ook die naweek vir ‘n verrassing gesorg deur die Goue Leeus in Johannesburg met 36-33 te klop.