Japanse gimnas uit Spele-span oor rook, drink
Olimpiese Spele: Die Japanse gimnas Shoko Miyata is onttrek aan die land se span vir die Spele in Parys nadat sy betrap is waar sy rook en drink. Die 19-jarige sou in die Franse hoofstad die kaptein gewees het van Japan se vrouegimnastiekspan, maar is huis toe gestuur van die oefenkamp in Monaco nadat sy erken het sy het die gedragskode oortree. Rook en drink is onwettig vir mense jonger as 20 in Japan. Miyata het in 2022 by die wêreldkampioenskap in Liverpool brons gekry op die balanseerbalk.