Reuse-IT-fout sal dae neem om reg te stel
Kubersekerheidskundiges maan die wêreldwye tegniese onderbreking kan dae neem om reg te stel. Die kwessie, wat beskryf word as die grootste inligtingstegnologiefout in die geskiedenis, het chaos veroorsaak by lughawens, televisiekanale, banke en mediese instellings. Die antivirusmaatskappy CrowdStrike het gou alombekend ‘n huishoudelike naam geword nadat hy bevestig het ‘n probleem met sy outomatiese sagteware-opdatering het onderbrekings op Microsoft-toestelle veroorsaak. Kundiges sê die probleem kan nie outomaties reggestel word nie, en toestelle moet in die sogenaamde Safe Mode aangeskakel word.