Cyril ‘moet hou by ekonomiese groei-beloftes’

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het in sy toespraak by die parlementsopening in Kaapstad veral klem gelê op planne vir die ekonomie. Hy sê onder meer die regering van nasionale eenheid sal aksies volg wat bydra tot volhoubare, vinnige ekonomiese groei. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van Wits se Besigheidskool gesels, wat sy mening deel.