Katima Mulilo se abattoir kan werk met ondersteuning: Shiweda

Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda besoek die week die Zambezi-streek om van die ministerie se projekte en fasiliteite te monitor. Die ministerie implementeer tans verskeie projekte in die streek, soos die Pluimvee-waardekettingontwikkelingskema, die tuinbouondersteuning en waardekettingontwikkelingskema en droëland-gewasproduksie. Shiweda het tydens ‘n besoek aan Katima Mulilo se abattoir gesê die inkomstestroom kan versterk word as dit deur plaaslike kleinhandelaars en spyseniers ondersteun word.