Shiimi sê Meatco se probleem lê by bestuur
Die minister van openbare ondernemings Ipumbu Shiimi, het sy kommer oor Meatco se omkeerstrategie uitgespreek. The Brief berig dat ten spyte daarvan dat die regering die afgelope drie jaar 1 miljard Namibiese dollar in subsidies aan Meatco bestee het, is hy nie tevrede met die maatskappy se vordering nie. Die maatskappy kan nie op sy eie staan as kommersiële instansie nie en Shiimi sê die probleem lê by die bestuur. Dit kom na ‘n nuwe raad aangekondig is met spesifieke instruksies van die kabinet. Die maatskappy kom onder toenemende druk met privaat entiteite soos Beefcor Namibia en Savanna Beef Namibia wat ook uitvoere reeds doen en beplan.