Saoedi stel 106 tot dusver vanjaar tereg
Saoedi-Arabië het twee mense tereggestel wat aan dwelmhandel skuldig bevind is wat die totale aantal teregstellings vanjaar op minstens 106 te staan bring. Die amptelike Saudi-nuusagentskap berig een was ‘n burger van Saoedi wat vir handel in amfetamiene gehang is, en die ander een ‘n Pakistanse burger vir handel in heroïen. Die teregstellings is in Mekka gehou. AFP berig diegene wat ter dood veroordeel is, is 78 Saoedi-burgers, vyf Ethiopiërs, drie Siriese burgers, en een persoon elk van Sri Lanka, Nigerië, Jordanië, Indië, en Soedan. Twee van hulle was vroue.