IDF sê helfte van Hamas se leiers is dood
Die Israelse Weermag sê hy het sowat die helfte van Hamas se leiers in Gaza en 14 000 soldate uitgeskakel sedert die oorlog verlede jaar uitgebreek het. Minstens 60 mense is intussen dié week oral in die Gaza-strook in Israelse lugaanvalle dood, insluitend 16 mense by ‘n skool van die Verenigde Nasies wat as ‘n vlugtelingkamp gebruik word. Die Weermag sê hy het Dinsdag sowat 40 teikens in Gaza getref, insluitend skerpskutter- en waarnemingsposte, militêre strukture en geboue wat met plofstof gelaai is.