Reach for a Dream wil N$2m insamel

Fireblade Aviation is in ‘n vennootskap met die Reach for a Dream-stigting om hulle tiende bestaansjaar te vier. Die vennootskap mik na die insameling van 2 miljoen Namibiese dollar deur die verkoop van 10 000 kaartjies vir ‘n vyfster-wegbreek. Die inisiatief steun die stigting se doelstelling om die drome van 2 200 kinders vanjaar te laat waar word. Fireblade Aviation se besturende direkteur, Leigh Kretzschmar sê die vennootskap stel die maatskappy in staat om meer gesinne met kinders wat ernstig siek is, te kan help.