Inwoners sit erwe self uit in Whk

Die diens en lewering van erwe in veral die hoofstad bly ‘n uitdaging vir owerhede. Volgens berigte het ongeveer 200 inwoners van die hoofstad toegesak op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek het grond vir hulself uitgesit. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe vir hulself uit te sit tot 6 Augustus.