Namibië Instituut vir Demokrasie, Verkiesingskommissie vergader

Met sowat vier maande oor voor die verkiesing, het die Namibië Instituut vir Demokrasie en die Verkiesingskommissie van Namibië vergader om kiesersregistrasie en kiesersopvoeding te bespreek. Die vergadering was ook om die twee liggame se verhoudings uit te bou deur demokratiese prosesse deur samewerking te versterk, en te verseker dat elke burger se stem gehoor word. Die instituut is reeds besig met burgerlike opvoeding, kiesersopvoeding en kiesersregistrasie. Sy kommunikasie-beampte, Ginola Dauseb, gee meer inligting.